Opkomende Springbokke | ||||
Unie | Suid-Afrikaanse Rugbyunie | |||
Bynaam(e) | Gaselle Junior Springbokke | |||
Embleem | Springbok en protea | |||
|
||||
Statistieke
| ||||
---|---|---|---|---|
Eerste internasionale wedstryd | ||||
Argentinië 0 – 42 Suid-Afrika (1932) | ||||
Grootste oorwinning | ||||
Argentinië 0 – 42 Suid-Afrika (1932) | ||||
Die Opkomende Springbokke (vroeër bekend as die Gaselle en die Junior Springbokke) is die tweede nasionale rugbyspan in Suid-Afrika na die nasionale span. Hulle neem van tyd tot tyd aan die Wêreldrugbynasiesbeker deel saam met spanne soos Namibië, Roemenië en Georgië, asook die Argentynse Jaguars en Italië A. Die span speel ook van tyd tot tyd teen toerspanne soos die Britse en Ierse Leeus. Die span bestaan uit spelers van alle ouderdomme en is nie noodwendig ’n junior span nie, maar ’n vereiste om gekies te mag word is dat ’n speler nog nie vir die Springbokke gespeel het nie.