Die Orde van Mapungubwe word toegeken aan Suid-Afrikaanse burgers vir uitstaande prestasie en uitnemendheid. Die orde is in 2002 deur die regering van Suid-Afrika ingestel. Dit vervang die ouer Orde van die Goeie Hoop, die Orde van die Ster van die Suide en die Orde van Verdienste.