Origenes[1] wat ook Origenes Adamantios genoem word, was 'n geleerde en vroë Christelike teoloog. Hy is gebore in Alexandrië en werk daar gedurende die eerste deel van sy loopbaan. Hy het oor teologie veral oor eksegese van die Bybel, hermeneutiek en preek geskrywe.
Party van sy stellings soos die vooraf-bestaan van die siel en die ondergeskiktheid van die Seun aan die Vader is deesdae kontroversieel onder Christelike teoloë.