Orion OB1

Orion OB1

Sterrebeeld Jagter
Regte klimming 05h 36m[1]
Deklinasie -01° 12′[1]
Afstand 1 040-1 630 ligjare
Massa >8,0×103 M

Orion OB1 (Ori OB1) is 'n afhanklike groep van 'n paar dosyn warm reusesterre van klas O en klas B in die sterrebeeld Jagter. Duisende sterre met 'n kleiner massa word daarmee verbind, asook 'n kleiner, maar aansienlike hoeveelheid protosterre. Dit is deel van die groter Orion-molekulêrewolkkompleks.

Vanweë sy relatiewe nabyheid is dit een van die bes bestudeerde OB-assosiasies.[1]

Orion OB1 bestaan uit die volgende subgroepe:[1][2]

  • Orion OB1a – die groep sterre noordwes van die Jagter se Gordel (in die Noordelike Halfrond) met 'n gemiddelde ouderdom van sowat 12 miljoen jaar. Binne dié groep is nog 'n subgroep bekend as die 25 Orionis-groep.[3][4]
  • Orion OB1b – die drie helder sterre ζ Ori (Alnitak), ε Ori (Alnilam) en δ Ori (Mintaka), wat die asterisme Jagter se Gordel uitmaak, en kleiner sterre. Dié groep het 'n ouderdom van sowat 8 miljoen jaar en word verder in drie subgroepe verdeel.[5][6]
  • Orion OB1c – die sterre in Orion se Swaard, wat gevorm word deur 42 Orionis, θ Orionis en ι Orionis. Dié sterre is sowat 3-6 miljoen jaar oud.
  • Orion OB1d – die sterre van die Orionnewel en M43 (die jonger sterre).

Tekens van puinskyf-evolusie is in die subgroepe 1a en 1b bespeur.[7][8]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Brown, A. G. A.; de Geus, E. J.; de Zeeuw, P. T. (September 1994). "The Orion OB1 association. 1: Stellar content". Astronomy and Astrophysics. 289 (1): 101–120. arXiv:astro-ph/9403051. Bibcode:1994A&A...289..101B. ISSN 0004-6361.
  2. Blaauw, Adriaan (1964). "The O Associations in the Solar Neighborhood". Annual Review of Astronomy and Astrophysics. 2 (1): 213–246. Bibcode:1964ARA&A...2..213B. doi:10.1146/annurev.aa.02.090164.001241.
  3. Briceño, César; Hartmann, Lee; Hernández, Jesús; Calvet, Núria; et al. (Junie 2007). "25 Orionis: A Kinematically Distinct 10 Myr Old Group in Orion OB1a". The Astronomical Journal. 661 (2): 1119–1128. arXiv:astro-ph/0701710. Bibcode:2007ApJ...661.1119B. doi:10.1086/513087. S2CID 118950935.
  4. Harper, Graham M.; Brown, Alexander; Guinan, Edward F. (April 2008). "A New VLA-Hipparcos Distance to Betelgeuse and its Implications". The Astronomical Journal. 135 (4): 1430–40. Bibcode:2008AJ....135.1430H. doi:10.1088/0004-6256/135/4/1430.
  5. Warren, W. H. Jr.; Hesser, J. E. (Junie 1977). "A photometric study of the Orion OB 1 association. I - Observational data". Astrophysical Journal Supplement Series. 34: 115–206. Bibcode:1977ApJS...34..115W. doi:10.1086/190446.
  6. Warren, W. H. Jr.; Hesser, J. E. (April 1978). "A photometric study of the Orion OB 1 association. III - Subgroup analyses". Astrophysical Journal Supplement Series. 36: 497–572. Bibcode:1978ApJS...36..497W. doi:10.1086/190510.
  7. N. Calvet et al., The Astronomical Journal 129:935–946 (2005)
  8. J. Hernandez et al., Astrophys. J. 652:472-481 (2006)

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne