Orion-newel | ||||
![]() | ||||
Die hele Orion-newel in sigbare en infrarooilig. Bron: Nasa/ESA | ||||
Soort newel | Emissie-/refleksienewel | |||
Sterrebeeld | Jagter | |||
Messier-naam | Messier 42 | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 05h 35m 17,3s | |||
Deklinasie | -05º 23' 28" | |||
Skynmagnitude (m) | 4 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 1 340 | |||
Skynbare grootte | 60' x 60' | |||
Ander name | ||||
NGC 1976, LBN 974, Sharpless 281 | ||||
|
Die Orion-newel (ook bekend as onder meer Messier 42 en NGC 1976) is ’n emissie-en-refleksienewel suid van die Jagter se Belt in die sterrebeeld Jagter (Orion). Dit is een van die helderste newels en is met die blote oog sigbaar.
Die newel is 1 344 ± 20 ligjare van die Aarde af[1][2] en is die naaste gebied van massiewe stervorming. Dit is na raming 24 ligjare breed en het ’n massa van 2 000 sonmassas. Ouer dokumente verwys dikwels daarna as die Groot Newel in Orion.
Die Orion-newel is een van die mees gefotografeerde en bestudeerde voorwerpe aan die naghemel.[3] Dit het baie onthul oor hoe sterre en planeetstelsels uit wolke gas en stof gevorm word. Sterrekundiges kon allerhande voorwerpe in die newel waarneem, soos protoplanetêre skywe, bruin dwerge, intense en onstuimige bewegings van die gas en die uitwerking van die foto-ionisering van massiewe nabygeleë sterre. Daar is ook supersoniese gas-"koeëls" wat deur die waterstofwolke van die newel dring. Elke koeël is tien keer die deursnee van Pluto se wentelbaan en het punte van ysteratome wat helderblou skyn. Hulle is waarskynlik 1 000 jaar gelede gevorm ná ’n onbekende gewelddadige voorval.[4]
{{cite journal}}
: Onbekende parameter |coauthors=
geïgnoreer (hulp)
{{cite journal}}
: Onbekende parameter |coauthors=
geïgnoreer (hulp)