Orkney Snork Nie | |
Genre | Sitkom |
---|---|
Geskep deur | Willie Esterhuizen |
Met | Zack du Plessis Anette Engelbrecht Frank Opperman Sally Campher Anrich Herbst Clara Joubert |
Temamusiekkomponis | Nicky Saks |
Oorsprong | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
Aantal episodes | 52 |
Produksie | |
Uitsending | |
Oorspronklike kanaal | SABC |
Beeldformaat | PAL 576i/p (SDTV) |
Eerste lopie | Mei 1989 – 1992 |
Orkney Snork Nie is 'n situasiekomedie (sitkom) wat van 1989-1992 op SAUK2 uitgesaai is en sedert 2006 herhaal is op DStv se KykNET. Die storie draai rondom die manewales van die Van Tonder-gesin wat op die myndorp Orkney woon. Die gesinslede bestaan uit Hendrik, Maggie, Ouboet en Yolanda, Oupa, Wimpie en sy sussie Hess. Die onderliggende humor lê in wantroue, sinspeling, sowel as die dommighede van myners wat tot uiting kom.