Osei Tutu I | ||
Asantehene | ||
Bewind | c. 1675/1680-1717 | |
Voorganger | Obiri Yeboa | |
Opvolger | Opoku Ware I | |
Koningshuis | Oyoko Abohyen | |
Gebore | c. 1660 Anyinam[1] | |
Gesterf | c. 1717 | |
Vader | Owusu Panyin | |
Moeder | Maanu Kotosii[2] | |
Volle naam | Otumfuo Nana Osei Kofi Tutu Opemsoo |
Osei Kofi Tutu I was een van die stigters van die Asjantiryk, met die hulp van sy hoofpriester, Okomfo Anokye. Die Asjanti was ’n sterk, oorloglustige en hoogs gedissiplineerde volk van Wes-Afrika. Osei Tutu het ’n verbond van Asjanti-state teen hulle oorheersers, die Denkyira, gelei en hulle verslaan. Deur diplomasie en oorlogvoering het hy daarna die leiers van ander Asjanti-stadstate oorreed om trou aan sy hoofstad, Kumasi, te sweer.
Deur sy hele bewind is hy van raad voorsien deur Anokye, ’n geestelike wie se spirituele invloed op die volk gehelp het om die ryk te stig.