Oesermaatre Setepenamen Osorkon II was ’n farao van die 22ste Dinastie van Antieke Egipte. Hy was een van die Libiese Berber-konings en het van omstreeks 872 tot 837 v.C. vanaf Tanis regeer. Nadat hy sy pa opgevolg het, het sy neef Harsiese A van Thebe en die Westelike Oase meegeding om die mag. Hy is egter in 860 v.C. dood en Osorkon het toe voorkom dat iemand weer sy bewind bedreig deur sy seun Nimlot C as hoëpriester van Amoen in Thebe aan te stel. Dit het sy mag oor Bo-Egipte gekonsolideer sodat hy nou oor ’n herenigde Egipte regeer het.