Otto | |
---|---|
Koning van die Hellene | |
Periode | 6 Februarie 1832 – 23 Oktober 1862 |
Voorganger | Geen |
Opvolger | George I |
Huis | Wittelsbach |
Vrou | Amalia van Oldenburg |
Vader | Lodewyk I van Beiere |
Moeder | Therese van Sakse-Hildburghausen |
Gebore | 1 Junie 1815, Salzburg |
Oorlede | 26 Julie 1867, Bamberg, Beiere |
Otto, prins van Beiere of Othon, koning van Griekeland (Grieks: Ὄθων, Βασιλεὺς τῆς Ἑλλάδος, Óthon, Vasiléfs tis Elládos; 1 Junie 1815 – 26 Julie 1867) het in 1832 die eerste moderne koning van Griekeland geword volgens die Kongres van Londen, waarkragtens Griekeland ’n nuwe onafhanklike monargie geword het onder beskerming van die Verenigde Koninkryk, Frankryk en Rusland. Hy was van 6 Februarie 1832 tot 23 Oktober 1862 koning.