Die Ottomaanse tussenregering (Turks: Fetret Devri) was van 1402 af aan die bewind toe ’n chaos in die Ottomaanse Ryk geheers het ná die nederlaag en gevangeneming van sultan Bajezid I deur die krygsheer Timoer. Hoewel Timoer Bajezid se seun Mehmet Çelebi as sultan bevestig het, het Mehmet se broers geweier om sy gesag te aanvaar.[1] Die resultaat was ’n burgeroorlog.
Die tussenregering het tot in 1413 geduur, toe Mehmet Çelebi as oorwinnaar uit die stryd getree en homself as sultan gekroon het as Mehmet I.