Ottreliet is 'n tipe chloritoïed. Die empiriese formule is (Mn,Fe,Mg)2Al4Si2O10(OH)4.[1][2][3]
Dit is 'n neso-silikaat, (vanaf die Grieks νῆσος nēsos, eiland), is waar geïsoleerde SiO4−4-tetraëdra deur interstituele katione verbind word. Met ander woorde, die SiO4−4tetraëdra is glad nie direk aan mekaar verbind nie, maar al vier bene van die SiO4−4−tetraëder word deur middel van katione met ander [SiO4]4− tetraëdra verbind.
- ↑ Ottrelite: mindat.org
- ↑ Ottrelite: webmineral.com
- ↑ "Handbook of Mineralogy" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 4 Maart 2016. Besoek op 10 Augustus 2017.