Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Frankryk |
Région (gewes) | Bretagne |
Département | Finistère |
Koördinate | 48°28′N 5°06′W / 48.467°N 5.100°W |
Stigting | |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 15,58 vk km |
Hoogte bo seevlak | 0-64 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2009) | 863 |
- Bevolkingsdigtheid | 55/vk km |
Tydsone | UTC +1 |
- Somertyd | UTC +2 |
Burgemeester | Denis Palluel |
Amptelike webwerf | ouessant.fr |
Ouessant (Bretons Enes Eusa of Eusa, Engels Ushant) is 'n Franse eiland aan die Bretonse kus. In administratiewe opsig vorm Ouessant sowel 'n munisipaliteit asook 'n kanton wat net hierdie munisipaliteit behels. Die eiland maak deel uit van die gewes Bretagne, die département Finistère en die arrondissement Brest. Lampaul (Bretons Lambaol) is die grootste nedersetting op die eiland en sy administratiewe sentrum. Die munisipaliteit behels daarnaas 92 gehugte. In 2009 het die eiland 'n bevolking van 863 gehad.