Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Finland |
Landskap | Oulu |
Provinsie | Noord-Pohjanmaa |
Koördinate | 65°01′N 25°28′O / 65.017°N 25.467°O |
Gestig op | 8 April 1605 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 3 817,52 vk km[1] |
- waarvan land | 2 970,97 vk km |
Hoogte bo seevlak | 0–60 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2022) | 211 848[2] |
- Bevolkingsdigtheid | 71,3/vk km |
Tydsone | UTC +2 (OET) |
- Somertyd | UTC +3 (OEST) |
Klimaat | |
- Tipe | Kontinentaal-gematig |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 3,3 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | −8,2 / 16,7 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 525 mm |
Burgemeester | Seppo Määttä |
Amptelike webwerf | ouka.fi |
Oulu (Fins: [ˈou̯lu], ; Sweeds: Uleåborg, [ʉːlɛɔˈbɔrj], ) is 'n stad en munisipaliteit in die noordweste van Finland, aan die kus van die Botniese Golf by die monding van die Oulujoki-rivier. Met 'n oppervlakte van 3 817,52 vierkante kilometer en 'n bevolking van 211 848 (2022) is dit die vyfde grootste stad in dié land ná Helsinki (Helsingfors), Espoo (Esbo), Tampere (Tammerfors) en Vantaa (Vanda), asook die grootste stad in Noord-Finland. Die stad is in 1605 gestig en is ook hoofstad van die streek Noord-Pohjanmaa.
In teenstelling met ander groot stedelike nedersettings in Finland is Oulu se Sweedssprekende minderheid met iets meer as 300 persone of 0,2 persent van die totale bevolking so klein dat Oulu amptelik as 'n enkeltalig Finse stad geadministreer word.
Die Universiteit van Oulu is in 1959 gestig. Die stad is bekend om sy rol in die fietsryrewolusie.