PZL P.11

PZL P.11
P.11 in die Poolse Lugvaart Museum
Tipe Vegvliegtuig
Vervaardiger PZL
Ontwerp deur Zygmunt Pulawski
Nooiensvlug Augustus 1931
Vrygestel 1933
Status Uit diens gestel
Hoofgebruikers Poolse Lugmag
Romeense Lugmag
Aantal gebou 325

Die PZL P.11 is 'n Poolse monovlerk vegvliegtuig wat vroeg in die 1930's ontwikkel is en ook diens gedoen het in die Tweede Wêreldoorlog. Hierdie vliegtuig is ontwikkel van die P.6 en P.7 vegvliegtuie. In die P.7 model was die vlieënier se uitsig belemmer deur die groot stermotor. Motors met 'n kleiner diameter is later gebruik en tesame met ander verbeteringe het dit gelei tot die P.11 wat met drie verskillende motors vervaardig is. Van model P.11c was die meeste vervaardig en dit was toegerus met 'n Skoda of PZL-vervaardigde Bristol Mercury stermotors. Die eerste vliegtuie is gedurende die laaste gedeelte van 1936 aan die Poolse Lugmag afgelewer.

Tydens die inval van Pole deur Duitsland het die Poolse vlieëniers dapper teen die Luftwaffe geveg alhoewel hulle vliegtuie verouder en oorskadu was. Daar word beweer dat 114 P.11's in luggevegte afgeskiet is en dat die P.11's 126 vliegtuie van die Luftwaffe afgeskiet het.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne