Paaseier

'n Paasruiker met Paaseiers
'n Mandjie met Paaseiers
Handgeverfde Sorbiese Paaseiers
Litause Paaseiers (Margučiai)

'n Paaseier is 'n geverfde, dikwels beskilderde of met patrone versierde en meestal hardgekookte hoendereier wat mense tradisioneel in Paastyd aan mekaar skenk of eet. Die voedselbedryf bied 'n oordaad sjokolade-eiers in kleurryke verpakkings as Paaseiers aan.

Die term verwys daarnaas ook na nie-eetbare eiers wat in Paastyd vir dekorasie of as geskenk gebruik word. Gewoonlik word hiervoor hoendereiers uitgeblaas of kunseiers uit materiale soos karton, gips, hout, natuursteen of plastiek vervaardig. Afhangende van die materiaal en funksie waarvoor hulle benodig word, word ook hierdie Paaseiers van 'n groot verskeidenheid versierings voorsien.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne