Pages | |
Ontwikkelaar | Apple Inc. |
---|---|
Nuutste weergawe | 5.6.1/ 11 November 2015 |
Bedryfstelsel | OS X |
Kategorie | Woordverwerking/Bladuitleg |
Lisensie | Eiendomsprogrammatuur |
Webblad | Pages |
Pages vir iOS | |
Ontwikkelaar | Apple Inc. |
---|---|
Nuutste weergawe | 2.6/ 15 Oktober 2015 |
Bedryfstelsel | iOS |
Kategorie | Woordverwerking/Bladuitleg |
Lisensie | Eiendomsprogrammatuur |
Webblad | Pages vir iOS |
Pages is ’n woordverwerkings- en bladuitlegtoepassing wat deur Apple ontwikkel is. Dit vorm deel van die iWork-kantoorpakket en werk op die Mac OS X en iOS bedryfstelsels.[1] Die eerste weergawe van Pages is op 11 Januarie 2005 aangekondig en is ’n maand later vrygestel.[2] Die mees onlangse weergawe, Pages 4, is op 6 Januarie 2009 bekendgestel as ’n onderafdeling van iWork ’09.[3] Op 27 Januarie 2012 het Apple ’n nuwe weergawe van Pages bekendgestel vir die iPad met ’n splinternuwe aanrakingskoppelvlak.[4] Op 31 Mei 2011 het Apple die iOS-weergawe opgedateer na 1.4 en het universele tweeledigheid ingebou sodat die toep op iPad, iPhone en iPod Touch-toestelle kan werk.[5] Op 12 Oktober 2011 het Apple die iOS-weergawe weer opgedateer na 1.5 met die toevoeging van iCloud se “Dokumente in die Wolk” (Documents in the Cloud) kenmerk.
Pages word deur Apple bemark as ’n maklik gebruikbare toepassing wat gebruikers in staat stel om vinnig dokumente op hul persoonlike rekenaars op te stel.[6] ’n Aantal Apple-ontwerpte sjablone bestaande uit verskillende temas (soos briewe, CV’s, plakkate en uiteensettings) word ingesluit met Pages.[2] Talle van die sjablone wat in weergawe 4.3 beskikbaar was is verwyder uit weergawe 5.0.