Pan | |
---|---|
Griekse god | |
Naam | Pan |
God van | Herders, kuddes, volksmusiek |
Blyplek | Arkadië |
Ouers | Hermes en Penelope |
Kinders | Panes |
Romeinse eweknie | Faunus |
Pan (Grieks: Πάν) was in die Griekse mitologie die metgesel van die nimfe[1] en die god van die herders, kuddes en volksmusiek – en hy is daarom ook verbind met vrugbaarheid en die lente. Hy het die agterlyf, bene en horings van ’n bok gehad en sy tuisland was die landelike Arkadië.
Sy eweknie in die Romeinse mitologie was Faunus, ’n natuurgees.