Pan-Islamisme (Arabies: الوحدة الإسلامية) is ’n politieke ideologie wat die eenheid van Moslems in een Islamitiese land of staat – dikwels ’n kalifaat[1] – of onder ’n internasionale organisasie met Islamitiese beginsels voorstaan. Dit verskil van ander pan-nasionalistiese ideologieë, soos Pan-Arabisme, deurdat die oemmah (Moslemse gemeenskap) beskou word as die fokus van trou en mobilisasie en die grootste gemene faktor, en nie etnisiteit of ras nie. Dit stel Islam voor as antirassisties en teen enigiets wat die mensdom verdeel op grond van etnisiteit.