Pangea of Pangaea was ’n superkontinent wat sowat 300 miljoen jaar gelede tydens die Laat Paleosoïese en die Vroeë Mesosoïese Era bestaan het.[1] Dit het sowat 200 miljoen jaar gelede verbrokkel.[2] Die enkele oseaan wat dit omring het, word Panthalassa genoem.
Die naam Pangea is afgelei van die Grieksepan (πᾶν, "hele") en Gaia (Γαῖα, "Aarde" of "Moederaarde").[3]