Pap

Pap van hawermout en melk.
William Hemsley (1893)

Pap is 'n eenvoudige gereg wat gemaak word met melk (of water) en een of ander graanproduk. Daar word gereeld ook suiker, sout of botter by verskeie papdisse gevoeg.

Pap word meestal as ontbyt geëet, alhoewel dit in sommige kulture (en ook die Middeleeue) as nagereg bedien word. In ander kulture vorm pap 'n groot deel van die daaglikse dieet en kan ter eniger tyd van die dag geëet woord; byvoorbeeld in Afrika, waar pap wat van mieliemeel gemaak word, uiters gewild is.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne