Papillon | |
---|---|
Regisseur | Franklin J. Schaffner |
Produksieleier | Robert Dorfmann Franklin J. Schaffner Ted Richmond |
Draaiboek | Dalton Trumbo Lorenzo Semple jr., geskoei op die boek Papillon deur Henri Charrière |
Met | Steve McQueen Dustin Hoffman |
Musiek deur | Jerry Goldsmith |
Kinematografie | Fred J. Koenekamp |
Redigeerder | Robert Swink |
Verspreider | Allied Artists (in VSA), Columbia Pictures (buite VSA) |
Uitgereik | 1973 |
Speeltyd | 150 min. |
Land | VSA |
Taal | Engels |
IMDb-profiel |
Papillon is ’n prent van 1973 wat deur Franklin J. Schaffner geregisseer is. Dit is geskoei op die outobiografie met dieselfde naam deur die Franse gevangene Henri Charrière.
Die hoofrolspeler is Steve McQueen as Charrière ("Papillon"), en Dustin Hoffman is Louis Dega. Omdat die prent op afgeleë plekke geskiet is, was dit taamlik duur vir dié tyd (dit het $12 miljoen gekos), maar dit het binne die eerste jaar meer as dubbel dié bedrag ingebring.[1] Die prent se naam is Frans vir "skoenlapper" en verwys na Charrière se tatoe en bynaam.