IXe Paralimpiese Somerspele | ||||||||||||||||||||||||
![]()
|
Die Paralimpiese Somerspele 1992 (Spaans: Juegos Paralímpicos de Verano de 1992; Katalaans: Jocs Paralímpics d'estiu de 1992) is tussen 3 en 14 September in Barcelona gehou, terwyl die Paralimpiese Spele vir geestelik gestremdes tussen 15 en 22 September in Madrid gehou is.[1] Tydens die geleentheid in Barcelona het 3 020 atlete uit 82 nasies aan sowat 487 items in 15 verskillende sportsoorte deelgeneem, terwyl tydens die geleentheid in Madrid 1 600 atlete uit 75 nasies aan 68 items in 5 verskillende sportsoorte deelgeneem het.[2]
Dit was die negende Paralimpiese Somerspele wat aangebied is en die eerste sedert die stigting van die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) in 1989.
Suid-Afrika word toegelaat om aan die Spele deel te neem na 'n 12 jaar skorsing as gevolg van apartheid en behaal 'n 27ste plek met agt medaljes (vier goud, een silwer en drie brons). Die span breek ook drie wêreldrekords en een Paralimpiese rekord.
Die Olimpiese Somerspele 1992 is tussen 25 Julie en 9 Augustus in Barcelona gehou. Die Paralimpiese Winterspele 1992 is in Albertville, Frankryk, aangebied.