Xe Paralimpiese Somerspele | ||||||||||||||||||||||||
![]()
|
Die Paralimpiese Somerspele 1996 (Engels: 1996 Summer Paralympics) is tussen 16 en 25 Augustus 1996 in Atlanta, Verenigde State, aangebied. Tydens die geleentheid het 3 255 atlete uit 104 nasies aan 519 items in 19 verskillende sportsoorte deelgeneem.[1] Dit was die tiende Paralimpiese Somerspele wat aangebied is.
Die Suid-Afrikaanse span verwys na hulself as die amakrokokroko en eindig vyftiende met 28 medaljes (tien goud, agt silwer en tien brons). Die span verbeter ook ses wêreldrekords en een Paralimpiese rekord.
Die Olimpiese Somerspele 1996 is tussen 19 Julie en 4 Augustus in Atlanta gehou.