IIe Paralimpiese Winterspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Paralimpiese Winterspele 1980 (Noors: Paralympiske vinterleker 1980), destyds bekend as die 2de Olimpiese Winterspele vir Gestremdes, is tussen 1 en 7 Februarie 1980 in Geilo, Noorweë, aangebied. Tydens die geleentheid het 199 atlete uit 18 nasies aan 63 items in 3 verskillende sportsoorte deelgeneem.[1]
Dit was die tweede Paralimpiese Winterspele wat aangebied is. Die naam "Paralimpiese Spele" is deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) in 1984 aanvaar, terwyl die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) in 1989 gestig is.
Die Olimpiese Winterspele 1980 is tussen 13 en 24 Februarie in Lake Placid, Verenigde State, gehou. Die Paralimpiese Somerspele 1980 is in Arnhem, Nederland, aangebied.