XIIe Paralimpiese Winterspele | ||||||||||||||||||||||||
![]()
|
Die Paralimpiese Winterspele 2018 (Koreaans: hangoel: 평창 동계 패럴림픽; hanja: 平昌 冬季 패럴림픽; Pyeongchang Donggye Paereollimpik), is tussen 9 en 18 Maart in Pyeongchang, Suid-Korea, aangebied.[2] Dit was die twaalfde Paralimpiese Winterspele wat aangebied is en ná die Paralimpiese Somerspele 1988 in Seoel die tweede Paralimpiese Spele in Suid-Korea.
Suid-Afrika het nie aan hierdie Paralimpiese Winterspele deelgeneem nie. Die spanne van Georgië, Noord-Korea en Tadjikistan het vir die eerste keer aan Paralimpiese Winterspele deelgeneem. Die Russiese span is soos by die Olimpiese Winterspele 2018 van die Paralimpiese Winterspele uitgesluit, hoewel atlete onder neutrale vlag deelgeneem het.[3]
Die Olimpiese Winterspele 2018 is tussen 9 en 25 Februarie (in die maand net voor die Paralimpiese Winterspele) in Pyeongchang gehou.