Ie Paralimpiese Somerspele | ||||||||||||||||||||||||
![]()
|
Die Paralimpiese Somerspele 1960 (Italiaans: I Giochi Paralimpici Estivi), destyds bekend as die 9de jaarlikse Internasionale Stoke Mandeville Spele, is tussen 18 en 25 September 1960 in Rome, Italië, aangebied. Tydens die geleentheid het 209 atlete uit 23 nasies aan 113 items in 8 verskillende sportsoorte deelgeneem.[1]
Dit was die eerste Paralimpiese Spele wat aangebied is en die eerste wat by dieselfde plek aangebied is as die Olimpiese Somerspele. Die naam "Paralimpiese Spele" is deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) in 1984 aanvaar, terwyl die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) in 1989 gestig is.
Sover bekend het Suid-Afrika nie aan die Spele deelgeneem nie, maar was wel op die volgende Paralimpiese Spele in 1964 verteenwoordig.
Die Olimpiese Somerspele 1960 is tussen 15 Augustus en 11 September in Rome gehou.