XIe Paralimpiese Somerspele | ||||||||||||||||||||||||
![]()
|
Die Paralimpiese Somerspele 2000 (Engels: 2000 Summer Paralympics) is tussen 18 en 29 Oktober 2000 in Sydney, Australië, aangebied. Tydens die geleentheid het 3 879 atlete uit 104 nasies aan 550 items in 19 verskillende sportsoorte deelgeneem.[1] Dit was die elfde Paralimpiese Somerspele wat aangebied is en die eerste in die Suidelike Halfrond.
Die Suid-Afrikaanse span behaal 'n dertiende plek met 38 medaljes (dertien goud, twaalf silwer en dertien brons) en verbeter agt wêreldrekords.
Die Olimpiese Somerspele 2000 is tussen 15 September en 1 Oktober in Sydney gehou.