XVIe Paralimpiese Somerspele | ||||||||||||||||||||||||
![]()
|
Die Paralimpiese Somerspele 2020 (Japannees: 東京2020パラリンピック競技大会, Hepburn: Tōkyō Nizeronizero Pararinpikku Kyōgi Taikai) sou oorspronklik tussen 25 Augustus en 6 September 2020 in Tokio, Japan, aangebied gewees het,[1] met die nuwe datums van 24 Augustus tot 5 September 2021.[2] Tydens die geleentheid het 4 535 atlete uit 162 nasies aan 539 items in 22 verskillende sportsoorte deelgeneem.[3]
Neem vir die eerste keer deel
Het reeds vantevore deelgeneem
Neem nie deel nie
Gasheerstad TokioDit was die 16de aanbieding van die Paralimpiese Somerspele en die tweede keer wat Tokio die spele organiseer het na hulle eerste spele in 1964, waarmee Tokio die eerste stad geword het om twee keer Paralimpiese Somerspele aan te bied. Verder was dit ná die Paralimpiese Winterspele 1998 in Nagano die derde Paralimpiese Spele in Japan.
Die opening- en sluitingseremonies het in die Japannese Nasionale Stadion in Tokio plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met Griekeland eerste en die gasheer Japan laaste, maar aangesien die plaaslike taal Japannees is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal. Beide Charl du Toit (atletiek) en Kgothatso Montjane (rolstoeltennis) het die Suid-Afrikaanse vlag ingedra.[4] Die Spele is amptelik deur keiser Naruhito geopen. Dit was die eerste Paralimpiese Spele wat deur die keiser geopen is. Die Somerspele van 1964 is deur Yoshiaki Kasai geopen en die Winterspele van 1998 deur die destydse kroonprins Naruhito (die huidige keiser).
As gevolg van die wêreldwye Covid-19-pandemie het die Internasionale Olimpiese Komitee met die Japannese reëlingskomitee ooreengekom om die Paralimpiese Somerspele 2020 vir een jaar uit te stel. Die sportgeleentheid het egter steeds sy amptelike naam behou as die Paralimpiese Somerspele van die jaar 2020. Dit was die eerste keer dat 'n Paralimpiese Spele uitgestel en in 'n onewe jaar aangebied is.[5][6] Verder het die Japannese regering en die Internasionale Olimpiese Komitee aangekondig dat dit sonder enige toeskouers sou plaasvind.[7][8][9]
Die Olimpiese Somerspele 2020 is tussen 23 Julie en 8 Augustus 2021 in Tokio gehou.