Pariteitsbis

In rekenaarwese en telekommunikasie is 'n pariteitsbis 'n binêre syfer wat 'n aanduiding gee of die voorafgaande databisse wat gelyk aan 1 is, ewegetalle of onewegetalle is. As 'n enkele bis tydens versending verander word sal die boodskap se pariteit verander word en kan die fout sodoende opgespoor word (Let wel dat die pariteitsbis self ook verander kan word!). Die mees algemene konvensie of pariteitskema is dat 'n pariteitsbis van 1 daarop dui dat daar 'n ongelyke aantal 1e in die data voorkom en 'n pariteitsbis van 0 dui daarop dat 'n ewe aantal 1e in die data voorkom. Dit is 'n eenvoudige metode van foutsporing en verg slegs XOR-hekke om die pariteitsbis te skep. Hierdie afvoer kan maklik by die data gevoeg word deur van 'n skuifregister gebruik te maak.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne