Parkinson se siekte

Parkinson se siekte
Klassifikasie en eksterne bronne
Illustrasie van Parkinson se siekte deur William Richard Gowers, wat in 1886 gepubliseer is in "A Manual of Diseases of the Nervous System".
Illustrasie van Parkinson se siekte deur William Richard Gowers, wat in 1886 gepubliseer is in "A Manual of Diseases of the Nervous System".
ICD-10 G20, F02.3
ICD-9 332
OMIM 168600
DiseasesDB 9651
MedlinePlus   000755
eMedicine neuro/304neuro/635 in jong persone
pmr/99
Mediese waarskuwing

Parkinson se siekte (ook Parkinsonisme genoem) is 'n breinafwyking wat jou geleidelik spierbeheer laat verloor. Dis 'n neurologiese sindroom van die sentrale senuweestelsel soos dopamienvlakke in die brein afneem. Dit tas die pasiënt se vermoë aan om te beweeg en te praat. Die brein kan nie meer vinnig genoeg reageer nie, wat die pasiënt geleidelik verlam. Dit kan ook hul gemoed, gedrag en denke beïnvloed.

Die siekte is vir die eerste keer in 1817 deur die Londense geneesheer James Parkinson (1755–1824) beskryf. Dit word gewoonlik deur ’n tekort aan die senuoordraer dopamien, veroorsaak weens degeneratiewe, vaskulêre of inflammatoriese veranderings in die basaalganglia (deel van die voorbrein). Die blootstelling aan sekere chemikalieë (soos sweisdampe) kan dit ook aanhelp.

Die siekte word onder meer gekenmerk deur bewerigheid, rigiditeit, verlies aan spierbeheer, traer bewegings en 'n uitdrukkinglose gesig. Die simptome is aanvanklik lig. As dit vroeg behandel word, kan dit jare lank so bly. Dit kan egter nie genees word nie. Met vroeë behandeling is pasiënte se lewensverwagting omtrent dieselfde as vir mense daarsonder.

Die siekte begin meestal tussen die 50ste en 60ste lewensjaar, veral by mans. Sowat 5 tot 10% van mense kry dit voor vyftig. Voorbeelde van bekendes met parkinsonisme is die akteur Michael J. Fox (op 30 gediagnoseer) en die bokser Muhammad Ali (op 42 gediagnoseer).


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne