Die aseksuele, geheel en al vroulike akkedisspesie Cnemidophorus neomexicanus (middel), wat deur partenogenese voortplant, saam met twee seksuele spesies wat ook mannetjies het, C. inornatus (links) en C. tigris.
Partenogenese (van die Griekse woorde παρθένος parthenos, "maagd", en γένεσις genesis, "skepping") is ’n natuurlike vorm van aseksuele voortplanting waar die embrio groei en ontwikkel sonder dat bevrugting plaasgevind het. Dit woord ook maagdelike voortplanting genoem.
By diere beteken partenogenese die ontwikkeling van ’n embrio uit ’n onbevrugte eiersel. By plante word dit apomiksie genoem.