Partij voor de Dieren | |
PvdD | |
Leier | Esther Ouwehand |
---|---|
Gestig | 28 Oktober 2002 |
Jeugvleuel | PINK! |
Ideologie | Groen politiek, dierebevryding, Euroskeptisme |
Amptelike kleure | groen |
Webblad | partijvoordedieren.nl |
Die Party vir die Diere (Nederlands: Partij voor de Dieren, afgekort PvdD) is 'n Nederlandse politieke party, wat op 28 Oktober 2002 gestig is. Die party staan vir 'n dier- en omgewingsvriendelike beleid. Nederland is sedert 30 November 2006 die eerste land ter wêreld waarin 'n party met dié hooftema in die parlement verteenwoordig is.
Die politieke leier is Esther Ouwehand. Die verkiesings van die nuwe Tweede Kamer op 22 November 2023 is deur die Party vir die Diere verloor. Die party het 3 setels behaal (-3).