Passieblom | |
---|---|
Passiflora caerulea in blom. | |
![]() | |
’n Oopgesnyde passievrug. | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Malpighiales |
Familie: | Passifloraceae |
Genus: | Passiflora |
Spesie: | P. caerulea
|
Binomiale naam | |
Passiflora caerulea |
Die passieblom (Passiflora caerulea) is ’n spesie blomplante wat inheems aan Suid-Amerika is (Argentinië, Paraguay, Uruguay en Brasilië). Dit is ’n vinnig groeiende, bladwisselende of half-immergroen rankplant wat sowat 10 meter of hoër word. Die blare is handvormig en die blou-wit, geurige blomme het opvallende kroondrade in blou, wit en bruin stroke. Die ovaalvormige, oranje vrug van sowat 6 cm lank is eetbaar, maar smaakloos.[1]