Patricia Kopane | |
![]() Kopane in 2009 | |
Provinsiale leier van die Demokratiese Alliansie
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 17 September 2012 | |
Voorafgegaan deur | Roy Jankielsohn |
---|---|
Lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 6 Mei 2009 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 23 Julie 1966 Bloemfontein |
Politieke party | Demokratiese Alliansie |
Eggenoot/-note | Mojalefa Kopane |
Semakaleng Patricia Kopane (gebore 23 Julie 1966) is 'n Suid-Afrikaanse politikus. Sy dien tans as lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die Demokratiese Alliansie. Sy is die party se skaduminister van openbare werke en infrastruktuur en die DA se provinsiale leier in die Vrystaat.[1] Kopane het al die gesondheid (2017–19; 2012–14), openbare werke (2015–17) en maatskaplike ontwikkeling (2009–12; 2015–17) portefeuljes in die skadukabinet behartig.[2] Sy was die DA se onsuksesvolle Vrystaatse premierskandidaat in die 2019-verkiesing.[3]
Kopane se huweliksmaat, Mojalefa Kopane, is in 2019 oorlede.[4] Haar vader, James Letuka, dien as lid van die Vrystaatse provinsiale wetgewer.[5]