Patrick Macnee | |
Patrick Macnee in Mei 1975 in 'n aflewering van Columbo
| |
Geboortenaam | Daniel Patrick Macnee |
---|---|
Geboorte | 6 Februarie 1922 Paddington, Londen, Engeland |
Sterfte | 25 Junie 2015 Rancho Mirage, Kalifornië, VSA |
Nasionaliteit | Brits, vanaf 1982 Amerikaans |
Beroep(e) | Akteur |
Webwerf | www.patrickmacnee.com |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Daniel Patrick Macnee (* 6 Februarie 1922, † 25 Junie 2015), algemeen bekend onder sy verhoognaam Patrick Macnee, was 'n Brits-Amerikaanse akteur wat veral bekendheid verwerf het as geheime agent en gentleman John Steed in die Britse televisiereekse The Avengers en The New Avengers - 'n rol wat hy naas Diana Rigg as sy vroulike vennoot Mrs Peel vertolk het. In 1982 het Macnee Amerikaanse burgerskap aanvaar.