Paul Desmond

Paul Desmond
Dave Brubeck en Paul Desmond, 8 Oktober 1954
Agtergrondinligting
GeboortenaamPaul Emil Breitenfeld
Gebore(1924-11-25)25 November 1924
Sterf30 Mei 1977 (op 52)
Manhattan, New York, V.S.A.
GenresCool jazz, West Coast jazz, mainstream jazz
Beroep(e)Musikant, komponis, rangskikker
InstrumenteAlt-saxofoon, klarinet
EtiketteColumbia Records, RCA Victor, Horizon Records, CTI Records
AssosiasiesDave Brubeck, Ed Bickert, Gerry Mulligan, Jim Hall, Chet Baker

Paul Desmond (gebore as Paul Emil Breitenfeld, 25 November 192430 Mei 1977) was 'n Amerikaanse jazz musikant wat die alt-saxofoon bespeel het. Hy was ook 'n komponis, en is bekend vir sy werk saam met die Dave Brubeck Kwartet. Hy het die kwartet se grootste treffer, "Take Five", gekomponeer. Hy was een van die mees populêre musikante van die cool jazz genre.

Bykomend tot sy werk saam met Brubeck het hy ook verskeie groepe gelei en saamgewerk met Gerry Mulligan, Chet Baker, Jim Hall en Ed Bickert. Desmond sterf in 1977 aan longkanker na 'n toer saam met Brubeck.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne