Paul Krugerstraat is 'n straat in Pretoria wat na die destydse presedent van die ZAR, Paul Kruger vernoem is. Die straat loop van noord na suid deur die middestad en deur Kerkplein. Dit het Kerkstraat op die plein gekruis, maar Kerkstraat se naam is sedertdien verander. Aan die verste suidekant lê die Pretoria Treinstasie.