Paul Roos Gimnasium | |
Leuse | Semper Splendidior Altyd meer skitterend |
---|---|
Gestig | 1866 |
Tipe | Staatskool |
Hoof | J. van der Westhuizen |
Personeel | 62 |
Leerlinge | 1 215 |
Grade | 8-12 |
Adres | Suidwal, Stellenbosch, 7600 |
Stad | Stellenbosch |
Provinsie | Wes-Kaap |
Land | Suid-Afrika |
Kleure | |
Koshuis(e) | Prima Prima Nova |
Skoolkoerant | Concipio Semper |
Webblad | www.paulroos.co.za |
Paul Roos Gimnasium is 'n seunskool in Stellenbosch, Suid-Afrika wat in 1866 as Stellenbosch Gymnasium gestig is. Dit was later die Hoër Jongenskool, maar nadat Paul Roos in 1940 ná 30 jaar as die rektor afgetree het, is die skool na hom genoem. Dit is een van net vier skole wat Cecil John Rhodes in sy testament uitgesonder het as die ontvanger van een Rhodes-beurs per jaar.