Pausanias (Grieks: Παυσανίας; omstreeks 110 n.C. - 180 n.C.)[1] was 'n Romeins-Griekse reisiger en geograaf uit die 2de eeu n.C. Hy is bekend vir sy Beskrywing van Griekeland (Ἑλλάδος Περιήγησις, transliterasie: Hēlládos Periḗgēsis),[2] waarin hy aan die hand van eerstehandse ondervindinge 'n omvattende beskrywing van Antieke Griekeland gee. Beskrywing van Griekeland voorsien deurslaggewende inligting met betrekking tot die skakel tussen die klassieke letterkunde en moderne argeologie, wat bewys lewer van die plekke en kulturele detail wat hy vermeld, al het kennis van hul werklike bestaan dalk verlore geraak of tot legende of mite gemaak.