Pawlofsk (Russies: Павловск) is ’n dorp in Sint Petersburg, Rusland, net suid van Tsarskoje Selo. In 2002 het dit ’n bevolking van 14 960 gehad.
Die dorp het ontstaan rondom die Pawlofsk-paleis, wat gebou is op ’n stuk grond wat Katharina die Grote aan haar seun, Paul (Russies: Павел; Pawel), geskenk het met die geboorte van sy oudste seun. In 1780 het die argitek Charles Cameron ’n paleis in die Nieu-Klassieke styl vir Paul ontwerp.