Pedro Diniz

Pedro Diniz
Diniz in 2016
Diniz in 2016
Geboortedatum 22 Mei 1970 (1970-05-22) (54 jaar oud)
Geboorteplek São Paulo, Brasilië
Nasionaliteit Vlag van Brasilië Brasilianer
Aktiewe jare 19952000
Ou span(ne) Forti, Ligier, Arrows, Sauber
Inskrywings 99 (98 begin)
Kampioenskappe 0
Oorwinnings 0
Podiums 0
Loopbaanpunte 10
Voorste wegspronge 0
Vinnigste rondtes 0
Eerste F1-wedren 1995 Brasiliaanse Grand Prix
Laaste inskrywing 2000 Maleisiese Grand Prix

Pedro Paulo Falleiros dos Santos Diniz (gebore 22 Mei 1970) is 'n Brasiliaanse sakeman en voormalige Formule Eenrenjaer. Diniz het op die ouderdom van agtien met knortjorre (karting) begin jaag en geringe sukses behaal, voordat hy tot motorrenne in die Brasiliaanse Formule Ford-kampioenskap en die Britse Formule 3-kampioenskap gevorder het. Hy het eerste keer in die 1995-seisoen in Formule Een vir Forti gery. Die volgende jaar het hy na Ligier oorgeskakel en vir 1997 na Arrows verskuif. In 1998 het hy 14de in die Bestuurderskampioenskap geëindig, en het daarna vir 1999 na Sauber verhuis. Hy het Sauber ná die 2000-seisoen verlaat en 'n aandeel in die Prost-span gekoop, wat 'n jaar later gevou het.

Diniz by die 2000 Kanadese Grand Prix

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne