Penny Coelen-Rey | |
---|---|
![]() Penny Coelen in 1958 | |
Gebore | Penelope Anne Coelen 15 April 1940 |
Nasionaliteit | ![]() |
Beroep | Model, aktrise |
Bekend vir | Suid-Afrikaanse skoonheid |
Eggenoot | Michel Rey |
Kinders | 5 |
Penelope Anne Coelen (gebore 15 April 1940) is 'n Suid-Afrikaanse skoonheid. In 1958 word sy as Mej. Suid-Afrika aangewys en word die eerste Suid-Afrikaner om die Mej. Wêreld titel te wen. Sy is vandag steeds ’n bekende en beminde sosiale vlinder.[1]
Coelen is in 1940 in Durban gebore. Op 25 November 1958 het sy aan die TV-speletjie To Tell the Truth deelgeneem.[2] Sy is met die suikerboer Michel Rey getroud en het vyf seuns.[3]