People Against Gangsterism and Drugs (Afrikaans: "Mense teen misdaad en dwelms"; Pagad) is 'n organisasie wat in November 1995 gestig is as 'n Islamities georiënteerde burgerbeweging wat hulle verset teen middelmisbruik en misdaad op die Kaapse Vlakte in Kaapstad, Suid-Afrika. Die organisasie was bekend vir sy geweld teen bendelede en was betrokke by brandstigting en selfs moord.[1]
Hoewel Pagad baie kleiner is as in die vroeë jare ná sy stigting, rapporteer die organisasie dat hy sedert 2014 groei.