Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Per E. Ahlberg is 'n Sweedse paleontoloog wat met die vroegste Tetrapoda gewerk het. Hy het sy Ph.D. in dierkunde in 1989 aan die Universiteit van Cambridge verwerf. [1] Hy is tans 'n professor by die departement organiese biologie aan die Universiteit van Uppsala. [2] Hy het saam met die Engelse paleontoloog Jennifer A. Clack aan 'n aantal projekte gewerk. [3]
Ahlberg het 'n studiebeurs van die Europese Navorsingsraad gekry vir sy navorsing oor die vis-tetrapode-oorgang. [4] Hy is vroeg in 2012 tot die Sweedse Wetenskapakademie verkies. [5]