Perseus | ||||
Latynse naam | Perseus | |||
Genitief | Persei | |||
Afkorting | Per | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 3h | |||
Deklinasie | 45º | |||
Grootte | 615 vk. grade (24ste) | |||
Kwadrant | NQ1 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 6, 22 | |||
Helderste ster | Alpha Persei (Mirfak) | |||
Naaste ster | GJ 3182 | |||
Sterre helderder as 3 m | 5 | |||
Sterre met planete | 7 | |||
Messier-voorwerpe | 2 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 65 | |||
Meteoorreëns | Perseïede, September-Perseïede | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Ram, Bul, Koetsier, Kameelperd, Kassiopeia, Andromeda, Driehoek | ||||
|
Perseus is ’n sterrebeeld in die noordelike hemelruim. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde. Dit bevat die bekende veranderlike ster Algol (β Per) en die radiant (oënskynlike uitstralingspunt) van die jaarlikse Perseïdes-meteoorreën.