Perseverance, met die bynaam Percy,[1][2] is ’n verkenningstuig so groot soos ’n motor wat ontwerp is om die krater Jezero op Mars te verken as deel van Nasa se Mars 2020-sending. Dit is deur die Jet Propulsion Laboratory ontwerp en is op 30 Julie 2020 lanseer.[3] Bevestiging dat die tuig op Mars geland het, is op 18 Februarie 2021 ontvang.
Perseverance het sewe nuwe wetenskaplike instrumente aan boord en het altesaam 19 kameras en twee mikrofone.[4] Dit het ook ’n mini-helikopter, die Ingenuity, ’n eksperimentele vaartuig wat die eerste kragaangedrewe vlug op ’n ander planeet sal onderneem.