Peter Marais | |
![]() Marais in 2019 | |
Premier van die Wes-Kaap
| |
Ampstermyn 5 Desember 2001 – 3 Junie 2002 | |
Voorafgegaan deur | Gerald Morkel |
---|---|
Opgevolg deur | Marthinus van Schalkwyk |
Ampstermyn 7 Desember 2000 – 21 November 2001 | |
Voorafgegaan deur | Pos geskep |
Opgevolg deur | Gerald Morkel |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Petrus Jacobus Marais 4 September 1948 Kaapstad |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaner |
Politieke party | Vryheidsfront Plus |
Eggenoot/-note | Bonita |
Alma mater | Universiteit van Wes-Kaapland |
Religie | Christen |
Petrus Jacobus "Peter" Marais (gebore op 4 September 1948) is 'n Suid-Afrikaanse politikus. Hy dien tans as lid van die Wes-Kaapse Provinsiale Parlement vir die Vryheidsfront Plus. Hy was die eerste bruin burgemeester van Kaapstad vanaf 2000 tot sy ontslag in 2001. Hy is hierna as die premier van die Wes-Kaap aangestel en het tussen 2001 en 2002 in die posisie gedien. Hy is bekend daarvoor dat hy al lid van talle politieke partye en bewegings was.
Marais het in Januarie 2019 by die Vryheidsfront Plus aangesluit en die party het hom as hul premierskandidaat vir die 2019-verkiesing benoem. Die party het een setel in die provinsiale parlement gewen en Marais het op 22 Mei 2019 na die provinsiale parlement teruggekeer.[1]