Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Peter Schmidt (17 Mei 1931 – 22 Januarie 1980)[1] was 'n Berlyns-gebore Britse kunstenaar en skilder. Hy was 'n teoretikus van kleur en komposisie en 'n pionier in multimedia uitstallings asook 'n invloedryke onderwyser aan die Watford Kunstekollege.
Hy was deel van 'n generasie kunsskool-onderwysers in die 1960's en 1970's wat 'n groot impak op sommige studente gehad het wat later in die kunste- en musiekbedryf gewerk het.
Hy het saam met Hansjörg Mayer, Brian Eno, Mark Boyle, Dieter Roth, Russell Mills, David Toop en Tom Phillips gewerk.