Petersen Automotive Museum | |
![]() | |
Die Petersen Automotive Museum
Foto geneem deur David Zaitz | |
Plek | Los Angeles |
---|---|
Land | ![]() |
Openingsjaar | 1994 |
Geopen deur | Robert E. Petersen |
Tipe museum | Motormuseum |
Webtuiste | Petersen Automotive Museum |
Die Petersen Automotive Museum is een van die wêreld se grootste motormuseums, geleë in Los Angeles, Kalifornië in die stadsbuurt Miracle Mile in Wilshire Boulevard, waar dit deel uitmaak van die sogenaamde Museum Row - 'n kompleks van museums en kulturele instellings met Los Angeles County se Kunsmuseum as ankerpunt.[1] Die museum word bestuur deur die Petersen Automotive Museum Foundation, 'n stigting en 'n organisasie sonder winsoogmerk wat met die museum en sy vaste en wisselende uitstallings op die geskiedenis van motors, hul impak op wêreldwye leefstyle en kultuur (met Los Angeles as voorbeeld en vertrekpunt) en verwante opvoedkundige programme fokus.[2]
As deel van 'n omvattende opknappingsprogram is die museum in 2015 van 'n nuwe opspraakwekkende fasade van staalstrepe voorsien wat beweging en spoed versinnebeeld.