Phil Collins | |
---|---|
Collins in 2007 | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Philip David Charles Collins |
Gebore | 30 Januarie 1951 Chiswick, Hounslow, Middlesex, Brittanje |
Genres | Rock, pop, jazz |
Beroep(e) | Sanger, akteur |
Instrumente | Stem, tromme, klavier, trompet |
Jare aktief | 1972- |
Assosiasies | Genesis Flaming Youth Brand X |
Webwerf | www |
Phillip David Charles „Phil“ Collins (gebore 30 Januarie 1951) is ’n Britse rocksanger en musiekvervaardiger. Hy was die tromspeler van die rockgroep Genesis en het die hoofsanger geword nadat Peter Gabriel die groep verlaat het. As lid van Genesis was hy 'n suksesvolle solosanger, en so ook nadat hy die groep verlaat het. Onder sy treffers tel "In the Air Tonight", "You Can’t Hurry Love" en "Easy Lover".[1]
Collins se bekendste album is No Jacket Required, waarvan meer as tien miljoen eksemplare in die Verenigde State verkoop is. Daar is lank bespiegel dat die liedjie "In the Air Tonight" oor 'n verdrinking wat hy meegemaak het handel. Collins het ook in die fliek Buster (1988) gespeel.
Vir sy liedjie "You'll Be in My Heart" is hy met 'n Oscar en 'n Golden Globe bekroon. Die liedjie is in die fliek Tarzan (1999) gebruik.[2]